Tussen 1899 en 1902 is duisende Boerevroue en kinders van hul plase verwyder en in Britse konsentrasiekampe aangehou. Een van daardie vroue was ’n dapper en diep gelowige siel wat haar ervarings getrou opgeteken het in ’n dagboek wat vandag, meer as ’n eeu later, steeds roer.
Hierdie kosbare dagboek van Corrie Coetzee se oor-ouma grootjie bied ’n intieme kykie in die lewe agter die doringdraad. ’n Wêreld gevul met bekommernis, gebed, hoop en onwrikbare geloof. Haar woorde bring hulde aan die talle vroue wat, ver van die gevegte, ook hulle stryd moes voer.
In Trane en Ink in die Stof is ’n tydlose herinnering aan ’n vrou se waarheid en haar geloof te midde van lyding — sodat dit nooit vergete sal raak nie.
Enjoy early access to new releases.
• Behind the scenes stories from my writing desk
• Exclusive bonuses and giveaways
No spam. No nonsense. Just good stories and good company.